
Cindy Marx
Klas Juffrou/ Class Teacher
Met 'n positiewe persoonlikheid en hardwerkend houding, is ons opgewonde om Cindy Marx as deel van ons span te hê. Haar toewyding aan kinderopvoeding maak haar die perfekte klas Juffrou. Cindy wek al vir 8 jaar met kinders by Nessie en vind dit baie lekker om vir hulle vaardighede te leer. Cindy is verantwoordelik om die kinders aanvaarbare taal en sosiale vaardighede te leer, asook wiskunde, bybel studie en verbeelding spel te ontwikkel.

Melissa Sutton
Assistent Juffrou /Teachers Assistant
Met 'n versorgende persoonlikheid en handige benadering tot leer, is ons opgewonde om Melissa Sutton as deel van ons span te hê. Haar toewyding aan kinderopvoeding maak haar die perfekte assistent. Melissa het ’ n baie goeie hart en het baie geduld met kinders. Sy is verantwoordelik om die kinders individuele aandag te gee as die Juffrou klaar besig is met ‘n kind.

Vanessa Sutton
Hoof / Principle
Vanessa Sutton is die stigter en hoof van Nessie leerskool. Vanessa is al 30 jaar in die onderwys beroep. Vanessa maak seker dat die leeromgewing van die kinders veilig en 'n ontspanne atmosfeer is waar ouers gemaklik voel om hul klein baba’s, peuters en kleuters in ons span se sorg te kan los. Ek het Nessie leerskool begin om kinders te help met spesiale behoeftes wat ander kleuterskole nie wil akkommodeer nie. Ek het vir jare met Down-sindroom en outistiese kinders gewerk. Ek is vreeslik lief vir die werk wat ek doen en glo elke kindjie het die reg om vriende te maak en 'n goeie opvoeding te hê.


