top of page

 About Nessie leergroep


Vir ‘n voorsprong op alle gebiede

Mom 1.jpg

Ek is Vanessa Sutton die stigter en hoof van Nessie leerskool. Ek is 30 jaar in die onderwys as beroep. Nessie leergroep is reeds 10 jaar aan die gang en lewer kinders wat op skool uitblink. Nessie leergroep skep  'n ontspanne omgewing,  waar ouers veilig voel om hul klein baba’s, peuters en kleuters  in ons sorg te los. Ons volg ‘n kurrikulem en twee rapporte per jaar word aan die ouers gegee oor hul kleuters se vordering. Ons sal uit ons pad gaan om te verseker dat die ouers soos familie voel. Ek het Nessie leerskool begin om kinders te help met spesiale behoeftes wat ander kleuterskole nie wil akkommodeer nie. Ek het vir jare met Down-sindroom en Outistiese kinders gewerk. Ek is vreeslik lief vir die werk wat ek doen en glo elke kindjie het die reg om vriende te maak en 'n goeie opvoeding te hê. Ons het slegs klasse van 10 of minder kinders, want ons wil nie hê dat enige engeltjie verlore gaan in skare kinders nie. Ons glo dat een op een aandag die belangrikste is. Die onderwysers se volle aandag sal beskikbaar wees wanneer dit nodig is en met ons klein klasse kan ons u kind die nodige ondersteuning gee wat hulle benodig.

bottom of page